Tuisblad / Kompetisies / Skryf in vir kompetisie
Wen 'n epiese geskiedkundige roman oor die Groot Trek
Wen
Kompetisie sluit 2012-08-27 10:00

Robin Binckes se boek, Canvas under the Sky, word beskryf as ’n “epiese treffer oor die seks, dwelms en volkspele van die Groot Trek.”

Die boek word deur 30° South Publishers van Barberton uitgegee.

Vier lesers staan ’n kans om elk ’n eksemplaar van dié geskiedkundige roman te wen.

Die verhaal begin in 1834 wanneer Rauch Beukes, ’n 17-jarige Boer, na sy ouerhuis op die Oos-Kaapse front terugkeur en vind dat die Xhosas die gebied vanoor die Groot Visrivier aangeval het.

So begin ’n verhaal van geweld en oorlog, van liefde en wellus oor die kleurgrens. Dit speel af teen die agtergrond van die Groot Trek, met drama tussen Boer en Brit, Xhosa, Griekwa, Matabele, Zoeloe en die Kaap Maleier-slawe. <

Daar is verwysings na geskiedkundige figure soos Hinsta, ’n Xhosa-koning, kol. Harry Smith, Dingaan en leiers van die Groot Trek soos Potgieter, Trichardt, Retief, Maritz, Cilliers en Pretorius.

In Rauch se jong lewe is daar drie merwaardige vroue: Amelia, die dogter van ’n Engelse setlaar;  Marietjie, die beeldskone meisie van Graaff-Reinet, en Katrina September, die sensuele voormalige slaaf.

 

30º South Publishers

 
HOE OM IN TE SKRYF
Wen 'n epiese geskiedkundige roman oor die Groot Trek Kompetisie sluit 2012-08-27 10:00

Om vir die prys in aanmerking te kom, registreer as gebruiker op ons webwerf en antwoord dan die wedstrydvraag.

SKRYF IN VIR KOMPETISIE

Jy moet aanmeld voor jy vir die kompetisie kan inskryf.
Om vir die kompetisie te kan inskryf, moet jy 'n geregistreerde gebruiker wees.
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs