Four Ball One Tracer: Commanding Executive Outcomes in Angola and Sierra Leone is ‘n pynlik eerlike boek vol ware gebeure soos Roelf van Heerden dit aan Andrew Hudson oorvertel het.
Die uitgewers is 30° South bied drie lesers elk die kans om een van hierdie hardeband-boeke te wen.
Roelf van Heerden, ‘n stigterslid van die huursoldaat-onderneming Executive Outcomes, maak geen verskoning in hierdie boek oor die onderneming se oorlogvoering in Angola en Sierra Leone nie.
Van Heerden was ‘n bevelvoerder op die slagvelde van Angola en Sierra Leone in die 1990’s. Hy was saam met sy manskappe op die grond tydens al die groot gevegte en vertel hier openlik wat op hierdie slagvelde gebeur het.
Executive Outcomes het eers teen UNITA geveg vir die kritiese olie-installasies en die diamantevelde van Angola, en toe weer teen die RUF in Siera Leone om die Kono-diamantvelde te beheer. Van Heerden was in die voorste linies toe die paleis-staatsgreep teen kapt. Valentine Strasser uitgevoer is.
Hy vertel van die tragedie van kindersoldate, onwettige diamantmynbou, en die vloek van regeringsoldate wat teen hul eie mense gedraai het. Van Heerdeden vertel van die RUF se wrede misdade teen die mense van Sierra Leone, die skrikwekkende poging om ‘n EO-vlieënier wat geval het te red en die dapper pogings om die oorskot van EO-soldate wat gesneuwel het, terug te kry.
Saam met hierdie exposé is daar ook foto’s wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie, grafieke van slagveldplanne en landkaarte van die oorloggebiede.