Tuisblad / Sport / Cummings is Woensdag op TV

Brett Cummings (29) van eMalahleni het pas 43ste algeheel in die Dakar-motorfiets-uithouwedren gekom.

Dit was Cummings se eerste kennismaking met hierdie twee week lange uithouwedren waaraan motors, motorfietse, vierwielmotorfietse en selfs vragmotors in die uiterste klimaatstoestande en op rowwe terrein kragte meet.

Cummings het as ’n buiteperd vir die Dakar gekwalifiseer nadat hy verlede jaar algeheel vierde gekom het in die Australasië-safari en ook die Dakar-uitdaging gewen het.

Sy deelname aan die uithouren in Australië word Woensdagaand om 21:00 op kanaal 202 op Dstv uitgesaai.

Cummings met sy Honda CRF 450 het reeds in sy eerste Dakar-byeenkoms die koppe laat draai.

Hy het met die nommer 89 en die Suid-Afrikaanse landsvlag op sy rug die wedren in die 103de plek begin en vinnig sy pad oop- baklei tot die 75ste plek.

Sy hulpverlening aan ’n spanmaat op die vierde dag van die toer het van Cummings ’n skielike held gemaak.

Hy het Tod Smith, wie se motorfiets onklaar geraak het, kilometers ver gesleep en deur dit te doen aansienlik teruggeval op die ranglys.

Toeskouers, deelnemers en beoordelaars het sedertdien baie lof vir hierdie avontuurlustige Suid-Afrikaner.

Cummings het die volgende dag weer met mening ingeklim en op die 12de dag van die wedren die 50ste algehele plek ingeneem.

“Twee van die dae was werklik moeilik, maar ek het daarvoor geoefen.

“Eintlik was die hele wedren werklik uitmergelend en ek is taamlik verras dat ek dit deurgesien het,” het Cummings Sondagaand vanuit Chili gesê.

Hy sê die 12de been van die Dakar was waarskynlik die moeilikste.

“Die deelnemers moes eers ’n gedeelte van sowat 390km oor die westelike grens van Argentinië terug na Chili gery het. Die roete het ons tot 3000m bo seespieël geneem. Dit was baie koud en ek het ook hoogtesiekte ervaar.”

Hierna het Cummings die tweede helfte van 319km aangepak.

“Ek het vinnig ’n ritme gevind en het toe een van die beste jaagsessies tot nog toe gehad.”

Aan die einde van die 15 dae het Cummings algeheel 43ste gekom en was hy die 11de nuweling om die eindstreep te haal.

Wat Cummings die meeste opgeval het, was die magdom mense wat die wedren elke dag dopgehou het.

“Ek dink ek het my linkerarm beseer van al die gewaai om die ondersteuners te groet,” het hy in ’n onderhoud op www.dakar. com vertel.

Hou ook gerus die volgende uitgawe van Mpumalanga-Beeld dop vir ‘n profielstorie oor Cummings.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Saterdag 2013-05-25
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs