Tuisblad / Nuus / Maak só in Barberton-bergfietsren, sê veteraan Knox

Die MTN- nasionale bergfietswedrenreeks begin Saterdag met die eerste been in dié reeks wat in Barberton by die Hoërskool Barberton begin.

Dit word jaarliks aangebied deur die plaaslike rotariërklub om geld vir welsynsorganisasies in die omgewing in te samel.

Deelnemers het die keuse om aan ’n pretrit van 20km, ’n 45km- of 75km-wedren of die 120km-ultramarathon deel te neem.

Max Knox, die algehele wenner van die 2012 MTN- nasionale bergfietsreeks, ken die Barberton-ren soos die palm van sy hand. Dié inwoner van Sabie het die Barberton-ultramarathon al verskeie kere gewen.

“Jy moet besef in hierdie wedren gaan jy in ’n kort tydjie tot 3300 m met jou fiets klim. Die heuwels by Barberton skep die illusie dat dit nooit ophou nie en dit kan die geesdrif van selfs die sterkste ryers breek.”

Knox sê ryers moet reeds die vorige aand die roete-profiel goed bestudeer en dan die wedren in dele opbreek 30km van harde ry, dan 45km van makliker oor die weg kom en dan ’n laaste, baie moeilike deel.

“Fokus afsonderlik op elke deel en stel klein doelwitte, beplan hoe jy elkeen gaan bereik, en beloon jouself daarna.

“Om telkens klein persoonlike suksesse te behaal terwyl jy ver trap, hou jou geesdrif hoog,” verduidelik Knox.

Hy meen ook smeerolie is ’n baie belangrike artikel om vir die langpad in te pak.

“Moenie die berge daarsonder aanpak nie. Hier is baie rivier-kruisings en die aanhoudende water op die fietsketting veroorsaak dat die smering afkom.

“Hoewel jy steeds die wedren daarsonder kan voltooi, verseker smeerolie dat jou rit gladder verloop.”

Knox het sy oog op die wenbeker.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-05-22
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 13° - 26° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 22° icon
BLOEM 4° - 23° icon
DBN 13° - 25° icon
PE 11° - 30° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs