Tuisblad / Nuus / Bergvlam is vuur en vlam

“Ek het nog altyd anders na die lewe gekyk en stroomop geswem.”

As hoofseun van die Hoërskool Bergvlam in Nelspruit, het Léandro Benadé nie toegelaat dat ander hom beïnvloed nie: “Al het almal oor iets saamgestem, het ek dit eers bevraagteken”.

Hy was verlede jaar die Dux-leerling en het sewe onderskeidings behaal.

“Dux-leerling was sy lewenslange missie,” het sy ma, Ansie, gesê.

Léandro swem vanjaar stroomaf na die Noordwes-universiteit, waar hy meganiese ingenieurswese en later kerningenieurswese, gaan studeer.

“Ek was van kleins af nuuskierig om uit te vind hoe strukture werk en gebou word.”

Ma Ansie is ’n aktetikster en pa Mattheus ’n risikobestuurder. Léandro is die eerste familielid om te gaan studeer en maak dié ouers trots.

Sy broer, Roché (15), is ook in Hoërskool Bergvlam.

Sy gesin het twee keer in sy hoërskoolloopbaan verhuis.

Dié self-erkende musiekliefhebber verdeel sy vrye tyd tussen die kitaar en die rekenaar.

Léandro hoop om eendag ’n suksesvolle kerningenieur te wees. “Ek wil graag ’n gemaklike lewe vir my familie verseker.”

Ander Bergvlam-matrikulante wat vir 2012 se eindeksamen sewe onderskeidings behaal het, is Genevieve Fourie, Francois de Jager, Michal Izeboud en Petrus van Loggerenberg.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs