Herold Klingenberg van die Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo spog met 7 A’s.
Die slimkop gaan vanjaar B.Sc Landbou (vee- en weikunde) aan die Universiteit van Pretoria studeer voordat hy die boerdery saam met sy pa gaan aanpak.
Herold se ouers, pa Johan en ma Senta, boer op die plaas Paardeplaas in die Wakkerstroom-omgewing 3.
Dié plaasjapie met ’n voorliefde vir vee en die plaaslewe glo aan harde werk.
In sy vrye tyd jag hy graag, terwyl hy daarvan hou om tyd in die natuur deur te bring.
Christoph Visagie en Moses Kabwe het elk ses onderskeidings behaal en Bonkosi Zikhali vyf.