Anton Engelbrecht (18) wil in sy ma, Anne, en suster, Simoné, se voetspore volg en ’n dokter word.
Dié slimkop van die Hoërskool Secunda begin vanjaar aan die Universiteit van Kaapstad medies te studeer.
Hy het 8 A’s in matriek behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, wiskunde vraestel 3, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, inligtingstegnologie en lewensoriëntering.
Anton beoog om later te spesialiseer, maar is nog nie seker in watter mediese veld nie.
Hy is die jongste kind.
Sy pa, ds. Eduard Engelbrecht, het in 2010 in ’n motorfietsongeluk gesterf.
Die Hoërskool Secunda spog met ‘n 98% slaagsyfer, 71% universiteitstoelating, en 202 onderskeidings waarvan Anton die top presteerder is.
Hy het ook die 8ste posisie in Mpumalanga ingeneem.
Die ander matrieks wat presteer het is Nicole Docherty, Christelle Lubbe, Werner Louwrens en Eliz-Marie Marx met sewe onderskeidings elk.
Solette Botha en Annamarie Conradie het elk ses onderskeidings behaal.