Tuisblad / Nuus / M’langa se nr. 1 kry motor as beloning

Hy is Mpumalanga se topmatrikulant van 2012 en het agt onderskeidings behaal. Nou kan hy nie wag om 18 te word sodat hy ’n rybewys kan kry nie!

Calvin Mawere (17) van Bosbokrand het in die eerste week van Januarie  hier as deel van sy beloning vir dié prestasie ’n motor gekry, maar hy word eers in Junie 18.

Hy sal dus maande moet wat voordat hy wettig alleen met die silwer Toyota Etios 1.5 mag ry.

Calvin, ’n oudleerling van Bushbuckridge Secondary School, het agt onderskeidings behaal. Dis in Sepedi, Engels, landbouwetenskappe, rekeningkunde, fisiese wetenskappe, wiskunde, lewenswetenskappe en lewensoriëntering.

Hy wil ’n dokter word en gaan daarvoor by Universiteit van die Witwatersrand studeer.

Mpumalanga het met die klas van 2012 die skandkleed van die twyfelagtige matriekuitslae van die afgelope jare afgeskud en het ’n foutlose eksamen beleef.

Die provinsie se slaagsyfer het van 64,8% tot 70% verbeter.

“Ons waardigheid is herstel,” het ’n verheugde Reginah Mhaule, LUR vir onderwys, in Middelburg tydens die bekendmaking van die uitslae gesê.

Die Hoërskool Nelspruit, met ’n 100%-slaagsyfer, is as die beste skool in die provinsie aangewys. Van die 203 leerlinge van dié skool wat die eksamen afgelê het, het 169 universiteitstoelating gekry.

Anthony Benadie, provinsiale DA-leier, het sê sy party is trots op die leerlinge se uitslae.

 

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Dinsdag 2013-06-18
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 14° - 25° icon
PTA 3° - 18° icon
JHB 2° - 17° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 11° - 25° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs