Tuisblad / Nuus / 13 ton brood geskenk aan NGF vir 2012

Die Nelspruit Gemeenskapsforum (NGF) het 2012 op 'n hoë noot afgesluit met die viering van 'n rekordjaar.

Verlede jaar het die forum donasies van 13 ton brood en 16 ton groente ontvang.

TJ Maré van NGF het gesê die forum het 2012 nuwe hoogtes bereik. “Te danke aan die ongelooflike ondersteuning van die gemeenskap kon ons verlede jaar 30 609 etes aan minderbevoorregtes voorsien en ons het ook meer as 450 kospakkies elke maand voorsien aan armes. 2012 was definitief 'n baie goeie jaar vir NGF.”

Al 95 van die beddens by die forum was 100% in gebruik gewees deur die jaar en het hul ook mediese hulp kon verleen aan 500 mense. 'n Verdere 500 mense het ook werksgeleenthede gekry terwyl daar aan meer as 3 640 behoeftiges klere voorsien is.

“Die grootste skenkings wat ons verlede jaar ontvang het, was beslis kos en klere wat meer as 210 ton weeg,” het  Maré gesê. Dit bestaan uit 13 ton brood en 16 ton groente.

“Ons wil hartlike dankie sê aan almal wat bygedra het tot hierdie suksesvolle jaar. Dit maak nie saak of jy 'n anonieme skenker of 'n gereelde kliënt was, seep of sop of bruin of wit suiker geskenk het nie, jou donasie was baie welkom,” het Maré gesê.

Die NGF het die Kersseisoen met hul "Dream Campaign" behoeftiges bereik, maar daar is steeds 'n nood in die nuwe jaar. “Ons het hulp nodig veral in Januarie en Februarie.”

Maré het gesê daar is reeds 'n toename in die getal behoeftiges in die Nelspruit-omgewing. “Statistieke toon dat daar 'n toename is in die getal arm blankes en enkel moeders is wat by ons aanklop om hulp.”

Vir meer inligting, bel vir  TJ Maré by 013 752 2140 of 082 772 6396.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Saterdag 2013-05-25
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 11° - 19° icon
PTA 8° - 24° icon
JHB 9° - 23° icon
BLOEM 5° - 26° icon
DBN 16° - 25° icon
PE 10° - 23° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs