Tuisblad / Nuus / Charl Cilliers se kinders hou Kerspartytjie

Sowat drie honderd kinders van Charl Cilliers, 'n klein dorpie tussen Secunda en Standerton, is 'n week voor Kersfees by die Aquazone by Lake Umuzi in Secunda getrakteer.

Martie Smith en Rita Alexandrou is die groot beplanners agter dié partytjie. "Rita se ma (ook Rita) besit die Charl Cilliers-kontankwinkel. Dit is 'n jaarlikse tradisie dat die winkel die plaaslike kindertjies met 'n partytjie bederf, maar die geld is vanjaar min en die gemeenskap het uitgebrei," vertel Smith.  "Ons wil vir die kinders wys dat Jesus almal liefhet en Kersfees vir almal spesiaal moet wees, ongeag van jou status, geld of kleur."

Die personeel van die klein polisiekantoor op Charl Cilliers het ook betrokke geraak en die kinders van die plaaslike skooltjie is toe die Woensdag per bus na die waterfront aangery waar hulle geswem en in die Carnival Square baljaar het. Hulle is met koek, lekkergoed en geskenke bederf.

"Dit was ongelooflik om te sien hoe almal net ingespring en gehelp het. ," vertel Alexandrou.

 

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Donderdag 2013-06-20
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 10° - 17° icon
PTA 5° - 22° icon
JHB 2° - 21° icon
BLOEM -2° - 21° icon
DBN 9° - 24° icon
PE 9° - 18° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs