Tuisblad / Nuus / Gestremdes spring vir goeie saak

"Dit was awesome, maar skrikwekkend.”

Só beskryf Anton Franken van Ermelo sy valskermsprong saam met Etienne Els van Delmas. Albei is gestremdes wat die hoogtes vir liefdadigheid aanpak.

Els, wat beoog om een van die hoogste tandem-valskermspronge in die land aan te durf, het onlangs ’n oefensprong in eMalahleni gedoen ten bate van gestremde kinders.

Els se linkerbeen en -heup is in 2002 in ’n motorfietsongeluk vergruis en die been is net onder die heup geamputeer.

Franken het albei sy bene in ’n fratsongeluk tydens die Grensoorlog verloor.

Dié twee het saam by die Witbank-valskermklub ’n valskermsprong van ’n hoogte van 10 000 voet (sowat 3km) gedoen.

Els het besluit om Jumping Kids, ’n organisasie wat gestig is om gestremde kinders te help, te ondersteun.

Franken vertel dat die geleentheid vir hom baie spesiaal was. Hy is die eerste Suid-Afrikaner sonder bene wat al van so ’n geweldige hoogte gespring het.

“Toe die deur van die vliegtuig oopgaan, het ek besef daar is geen omdraaikans meer nie. Dit was toe so lekker dat ek nog ses spronge wil doen,” vertel Franken.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Woensdag 2013-06-19
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 16° icon
PTA 3° - 19° icon
JHB 2° - 18° icon
BLOEM -1° - 19° icon
DBN 10° - 24° icon
PE 10° - 21° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs