Nuus / Uriah Heep by Mieliepop-fees in Mpumalanga

Uriah Heep keer in Oktober terug na Suid-Afrika vir slegs een vertoning in Mpumalanga.

Dié internasionale rock legendes gaan die hoofverhoog van die Mieliepop Songtuary 2012-musiekfees laat dreun.

Dié fees, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, vind van 26 tot 28 Oktober plaas by Tolderia, tussen Ermelo en Lothair in Mpumalanga.

Uriah Heep het besluit om weer in die land op te tree ná hul sukses saam met Deep Purple in die Masters of Rock SA Tour.

Hulle tree vandeesmaand saam met van die beste plaaslike rock-, reggae- en blues-kunstenaars op.

Ander kunstenaars wat ook op die hoofverhoog musiek gaan maak, sluit in Jeremy Loops, Hot Water, Feed the Wolf, Dan Patlansky en The Tidal Waves.

Uriah Heep het in 1970 hul buiging op die rockverhoog gemaak en het deur die jare meer as 30 miljoen albums verkoop.

Hul vertoning sal treffers insluit van die 1970’s en ’80’s, soos The Wizard, Free ’n Easy, Sunrise, Easy Livin, July Morning en Lady in Black. Aanhangers kan ook regmaak vir ’n paar nuwe liedjies van dié groep.

Hoewel Uriah Heep slegs die Saterdag optree, gaan die orkeslede gedurende die res van die Mieliepop-naweek saam met die sowat 3000 feesgangers uitspan.

Die Springmielie-verhoog is ’n tweede musiekpunt waar opkomende kunstenaars sal optree.

Feesgangers sal op Sondag, 28 Oktober, met Afrikaanse musiek vermaak word.

Kunstenaars wat by dié geleentheid gaan optree sluit in Riku Lätti en sy groep (met Bacchus Nel), Lochner de Kock, Rian Malan en Lanimybru. Kaartjies kos R250 per persoon per dag, maar mense wat vir die naweek wil bly, kan naweekkaartjies vanaf R400 koop.

’n Mieliepop BBP-tenthotel word vir die naweek opgeslaan waar feesgangers in gemak kan uitkamp. Besoekers by die tent-hotel sal hul eie tent en matras, ’n restaurant, ’n swembad, ’n waterval, ’n kroeg, ’n warm stort, ’n daaglikse gekookte ontbyt en kragpunte vir selfoon-herlaaiers kry.

Besoek www.mieliepop.com vir meer inligting en om kaartjies te koop.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Vrydag 2013-05-24
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 12° - 19° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 7° - 23° icon
BLOEM 3° - 24° icon
DBN 14° - 27° icon
PE 12° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs