Nuus / Miljoene gegee om stropers vas te vat

Groot opgewondenheid het met Wêreld-wildbewaardersdag in die Krugerwildtuin geheers.

Die wildtuin het dié dag R5 miljoen ontvang wat hulle vir die stryd teen renosterstropery gaan aanwend.

Die wildtuin het ook 49 nuwe wildbewaarders ingehuldig.

Die nuwe wildbewaarders het dié dag hul eerste buiging voor verskeie eregaste in die Skukuza-kamp gemaak.

Die gegradueerdes is gekies uit die plaaslike gemeenskap en is opgelei deur die SANParke se wildbewaarders.

Dr. David Mabunda, SANParke se uitvoerende hoof, het gesê die nuwe wildbewaarders sluit op ’n kritieke tyd by die park aan.

“Die Suid-Afrikaanse natuurbewaringsagentskappe voer ’n hewige stryd teen renosterstropers.

“Ons moet harder werk om sindikate in hul spore te stop en daarom het ons van die gemeenskapslede opgelei om deel van hierdie stryd te word en ook hul deel by te dra.

“Ons hoop dus dat die nuwe wildbewaarders ’n teken is van hoe ernstig ons is om die stryd teen renosterstroping te wen.”

Mabunda het ook gesê die wildbewaarders moet die“gewetenlose” stropers goed laat verstaan dat hulle vasgevat sal word.

“Ons is van plan om hierdie stryd te wen,” het Mabunda gesê.

Unitrans-Volkswagen en Audi het ’n tjek vir R4,9 miljoen aan die wildtuin-bestuur oorhandig.

Verskeie gegradueerdes het spesiale toekennings ontvang.

Happy Menyike het ’n sertifikaat ontvang vir die beste student, Katekani Sibuyi vir die beste skut en Joseph Khoza as die algehele beste student.

  KOMMENTAAR 
 
WEER
Weer vir Vrydag 2013-05-24
Kies jou area vir sewedaagse voorspelling
CPT 9° - 20° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 6° - 23° icon
BLOEM 2° - 25° icon
DBN 15° - 24° icon
PE 13° - 22° icon
Besoek AfricaWeather.com vir nog weer voorspellings.
 
Wat gebeur
Kategorie-soektog
SKOLE
Vind plaaslike skole
Groepe / Klubs
Vind plaaslike Groepe / Klubs