Op 21 Februarie 1947 is Hoërskool Ben Viljoen amptelik geopen. Ons vier dus al hierdie jaar 65 goue jare!
Ons is baie trots op ons skool en sy ryk tradisie. By Ben Viljoen streef ons daarna om elke kind, in samewerking met die ouerhuis, akademies, fisies, geestelik en sielkundig voor te berei vir die lewe na skool.