Ek is die redakteur van Mpumalanga-Beeld en vir bykans 20 jaar 'n joernalis. So tussendeur probeer ek ook Ma te wees, student te wees en om 'n goeie vrou vir die nuwe man in my lewe te wees. Ek het min tyd, baie stres, stry teen die vetrolle en gryshare, en geniet dit om enige vorm van kuns te probeer.
Is ek paranoïes, of is ek net ′n ma wat haar kind wil beskerm wanneer ek nie my dogter toelaat om alleen kafee toe te stap nie?