As ’n eier my daaglikse dosis vitamiene verskaf, is ek in! Dit is boonop ’n vitamienpil in ’n 100% natuurlike verpakking. Lees hier ’n paar feite oor eiers en probeer gerus my resepte: Sjokolade-en-piesang Franse broodjies en pannekoek.
Daar is beslis plek in die moderne gesinslewe vir ’n ete om die etenstafel, maar dalk nie vir al die oordadigheid van my kinderjare nie. Die samesyn was op die ou end baie belangriker as die eet. Keur terug na die Sondag-ete om die tafel en geniet mekaar se geselskap saam met my lamskenkelsop.
Ek onthou dié balletjies van my klein tyd af. Dit was lekker, maar om een of ander rede nie meer iets wat ons maak nie. Geen idee hoekom nie, want die goed smaak darem maar lekker!
Welkom en sterkte. Welkom in my onderstebo, rondomtalie (en ander woorde wat ek nie kan spel nie), adrenalien-aangedrewe grysstof - met ander woorde: Sterkte!